Menseregte en Geregtigheid volgens Islam
Islam verskaf elke individu met regte. Vervolgens word van hierdie regte bespreek:
-
Die lewe en besittings van alle burgerlikes in ‘n Islamitiese Staat word as ‘heilig’beskou.
• Die mens se eer (reputasie) word beskerm. Daarom is dit teen die Wet om iemand te beledig of bespot. Die Profeet Muhammad ﷺ [1] het gesê: “Waarlik, jou bloed, jou besittings en jou eer is onaantasbaar.” [2]
-
Rassisme is verbode in Islam. Die Qur’an verwys na die gelykheid van mense as volg:
﴾...O Mensdom! Ons het julle waarlik uit ‘n man en vrou geskape, en Ons het julle in nasies en stamme verdeel sodat julle mekaar mag erken. Waarlik, die mees geëerde onder julle in God se aangesig is die mees godsvresende. [3] Voorwaar, God is Alwetend, Ingelig.﴿ Qur’an, 49:13