Voordele Van islam
In die Naam van Allah, die Mees Barmhartige, die Mees Genadige
Die geloof van Islam bevat vele voordele vir die persoon wat daarin glo. Vervolgens word n paar van hierdie voordele genoem:
1) Die Deur na die Ewige Paradys
In hierdie hoofstuk, word slegs ‘n paar bewyse gelewer om te bevestig dat die Qur’an die direkte Woord van God is, dat Muhammad die Profeet van God is, en dat Islam die ware geloof van God is.
﴾En gee ’n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade verrig, dat daar vir hulle Tuine is waardeur riviere vloei...﴿ Qur’an, 2:25
God sê ook:
﴾Wedywer dan met mekaar vir die vergifnis van julle Heer en vir die Paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in God en Sy Boodskappers glo. ﴿ Qur’an, 57:21
Die Profeet Muhammad ﷺ [1] het aan ons die goeie tyding meegedeel dat die inwoner van die Paradys wat die laagste rang het, tien keer meer sal hê as al die skatte van hierdie wêreld, [2] en daardie person sal tien keer meer hê as enige iets wat hy of sy kan begeer. [3]
Die Profeet het ook die volgende stellings gemaak:
-
“Die area van een voet in die Paradys is beter as die hele wêreld en alleswat dit bevat.” [4]
-
“In die Paradys is daar dinge wat geen oog nog ooit gesien het nie, geen oor nog ooit gehoor het nie, en geen menslike verstand nog ooit aan kon dink nie.” [5]
-
“Die mees ellendige mens tussen diegene wat vir die Paradys bestem is, sal een keer in die Paradys gedompel word. Daarna sal daar aan hom gevra word: ‘Seun van Adam, het jy al ooit teëspoed geken? Het jy al ooit swaarkry ervaar?’ Daarop sal hy antwoord: ‘Nooit … (ek sweer) voor God, die Heer! Ek het nog nooit ellende geken nie, en ek het nog nooit enige swaarkry ervaar nie.’ ” [6]